Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/22/2009

Gebakte skaapskenkels

6 skaapskenkels (opgesaagde skenkels werk ook, maar dit is baie lekkerder as elkeen sy eie skenkel kry)

Marinade:
3 groot uie fyn gesny
½ koppie blatjang
½ teelepel fyn gemmer
2 huisies knoffel, fyn gekap
12,5 ml heuning
½ koppie bruin asyn
½ koppie tamatiesous
25 ml appelkooskonfyt
1 blokkie biefekstrak
5 ml mosterdpoeier
'n knypie fyn naeltjies, neutmuskaat en tiemie
sout en peper na smaak
25 ml sjerrie

Braai die uie en knoffel in 'n klein bietjie olie tot sag en voeg die ander bestanddele by. Prut stadig vir sowat 'n halfuur en roer.
Plaas die skenkels in 'n oondbak en giet die marinade bo-oor. Maak die bak toe en los oornag in 'n oond gestel op 100ºC.
Voor opdiening, bedruip weer en plaas vir 20 minute oop in 'n baie warm oond 220ºC. Draai ná tien minute en bedruip weer.

No comments :

Post a Comment