Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/12/2009

Hoenderpotjie in roomsous - heerlikste dik, ryk roomsous met 'n hoender- en spekgeur. / Chicken Stew with a Cream Sauce

Die potjie het die heerlikste dik, ryk roomsous met ´n hoender- en spekgeur. Genoeg vir 4 tot 6 mense en ´n No 2 pot word aanbeveel.

6 hoenderdye
braaivleisspeserye na smaak
250 g swoerdlose ontbytspek, in stukkies gekap
4 middelslag uie, gekap
60 ml fyn appelkooskonfyt
100 ml water
15 ml worcestersous
12 heel uitjies, geskil
10 jong heel aartappeltjies, geskil
750 ml gevriesde gemendge groente
300 g sampioene, in skywe gesny
aromat na smaak
1 pakkie beesstertsoppoeier
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
500 ml vars room OF 250 ml room en 250ml melk

Sprinkel die braaivleisspeserye oor die hoender. Verhit die pot en braai die spek daarin vir 5 minute. Voeg die uie en appelkooskonfyt by en braai tot sag.
Voeg die hoender, water en Worcestersous by die uiemengsel, sit die deksel op en laat prut vir 15 minute. Voeg die uitjies en aartapels by en laat prut vir nog 10 minute.

Voeg nou die groente en dan die sampioene by. Sprinkel die geuropwekker oor, sit die deksel op en laat prut vir 30 minute.

Meng die soppoeier met die room en voeg dit by die potjie. Laat prut vir 30 minute.

No comments :

Post a Comment