Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/11/2009

Toebroodjies

Avo & Kropslaai
Maak avokadopeer fyn saam met ´n bietjie suurlemoensap en gebruik saam met kropslaai.

Avo & Maas
Maak avokadopeer, bietjie suurlemoensap en maaskaas saam fyn.

Kaas, Appel & Sultanas
Gerasperde kaas, gerasperde appel en sultanas op brood.

Kaas & Blatjang
Gerasperde kaas en blatjang.

Kerrie-eier
Druk ´n hardgekookte eier fyn met mayonnaise, jogurt en ´n knippie kerriepoeier.

Linda-broodjie
Fyn opgesnyde groen soetrissie en ui saam met kaas op brood waarop botter en blatjang gesmeer is.

Piesang & Dadel
Maak ´n piesang fyn en smeer dit saam met dadelsmeer op brood.

Piesang & Grondboontjiebotter
Meng piesang en grondboontjiebotter.

Roomkaas & Appelkoos
Smeer roomkaas oor brood en sprinkel gedroogde appelkoosstukkies oor.

Roomkaas, geroosterde sesame & kropslaai
Smeer roomkaas op broodjie, besprinkel met sesame-saad en bedek met kropslaai.



Die Wilna Jackson
Hierdie resep vir heerlike toebrootjies is baie handig as jy 'n hele klomp toebrootjies moet voorberei en jy het net beperkte hoeveelhede van sekere vulsels. Dit is ook ongelooflik maklik en spaar baie tyd as jy vinnig moet maak.
Rasper kaas
Sny tamaties in klein blokkies (verwyder saad)
Kap uie baie fyn
Sny oorskiet koue vleis in klein stukkies
Kerf blaarslaai baie fyn
Kap gekookte eiers baie fyn
Agurkies fun gesny
Gekleurde soetrissies fyn gekap
Aromat of ander geurselsout na smaak
Plus enige ander lekkernye (net nie advokado nie)
Meng alles saam in 'n groterige skottel met 'n klein bietjie mayonaise of gelyke hoeveelhede mayonaise en maas/roomkaas om die bestandele bymekaar te hou sodat dit nie uitval waneer jy die toebrooijie vashou nie.
Jy hoef nie eers die brootjies te smeer nie want die bestandele is klam genoeg van die mayonaise mengsel. Dit smaak absoluut fantasties en jy hoef te bekommer oor die mense wat nie van uie hou nie want hulle kan dit nie onderskei nie en kan nie glo hoe lekker dit smaak nie.

No comments :

Post a Comment