Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/01/2009

Koeskoes-slaai met botterskorsie en feta / Couscous Salad with Butternut Squash and Feta

500 g koeskoes
10 ml heuning
1 botterskorsie, skoongemaak en in 1cm blokkies gesny
400 g Rosa-tamaties, gehalveer
200 g feta
20 g basilieblare, geskeur
80 ml olyfolie
30 ml Balsemasyn
30 ml mayonnaise
sout
vars gemaalde swartpeper

Berei die koeskoes voor soos hulle op die verpakking aandui en hou eenkant. Plaas die botterskorsie in ´n oondbak, gooi 20ml olyfolie oor en bak vir 30 minute lank teen 180ºC. Laat die botterskorsie afkoel terwyl jy die res van die olyfolie, die asyn, die heuning en die mayonnaise meng vir die slaaisous. Om die slaai te maak plaas jy die koeskoes onder op ´n slaaibord, bedek met die tamaties, botterskorsie, feta en basiliekruid. Gooi die sous oor.

Bedien saam met ´n lekker Chardonnay.

(bedien 6)

No comments :

Post a Comment