Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/10/2009

Kombuis


Kombuis is 'n versameling van 120+ van Sonia Cabano se gunsteling resepte. Resepte wat sy geërf, gebedel, geleen en geleer het vandat sy kleintyd weggespring het as haar ma se handlanger in die kombuis, tot jare later as professionele sjef en spysenier in Londen en Kaapstad. Haar program wat aanvanklik vir KykNet ontwikkel is, Pampoen tot Perlemoen word tans op SABC3 uitgesaai.

Die boek is saamgestel met die Suid-Afrikaanse klimaat en leefstyl in gedagte – maklike, vinnige resepte vir die haastiges, ‘n tikkie nostalgie om tradisie te gedenk en laastens, maklike maar onweerstaanbare onthaalkos wat ons hartlike gasvryheid weerspieël. Met Kombuis nooi Sonia die leser om saam aan te sit rondom haar tafel.

Die boek is in drie afdelings verdeel:

BLITSKOMBUIS bevat gesonde kitskosresepte wat selfs avontuurlike kokke tevrede sal stel.

HUISKOMBUIS het die lekker tradisionele boerekosresepte en familiegunstelinge waarsonder ons nie kan klaarkom nie.

KUIERKOMBUIS is propvol flinke idees en voorstelle vir ‘n behaaglike samesyn, van teepartytjies tot ‘n swierige uithangete vir 16.

Daar’s dus die lekker tradisionele Suid-Afrikaanse boerekos, sowel as moetmaakresepte uit Europa, Amerika, Australië, die Midde- en Verre Ooste, en liplek-inspirasie vir okkasies groot en klein met temaspyskaarte en onthaalwenke. Kombuis is ’n kosjuweel uit eie bodem, geïllustreer met volkleurfoto’s geneem deur gesoute kosfotograaf Adriaan Oosthuizen.

No comments :

Post a Comment