Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/26/2009

Vriend se vis

Vir ´n slag het ´n man weer vir my ´n resep gestuur. Dankie aan Stephen Koen vir sy resep. Hy skryf:

´n Kosmaak vriend maak die ander dag die volgende dis, en ek (baie konserwatief) het amper ge...... maar dit is regtig baie lekker en goedkoop!

Dit het my laat dink aan my suster se kinders wat hulle brood "dip" in hulle koffie (Hulle laaik dit...ek nie)

2 blikke ingelegte vis in tamatie sous.
´n paar aartapels gekook soos vir M*A*S*H

Smeer ´n bak met vet en sit die vis en mash in lae in die bak, eindig met vis. (haal net die bene uit die vis) Strooi so bietjie kaas bo-oor en bak in ´n warm oond todat die kaas mooi gesmelt het en begin bruin word.

Eet saam met ingelegte beet (Wat jou ma vir jou stuur) en ´n lekker vars en warm Pick&Pay brood.

bydrae: Stephen Koen

No comments :

Post a Comment