Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/23/2009

Wildevark-boud marinade

Hierdie resep is onverbeterlik. Dit werk ook vir wildsbokke en selfs skaapboud. Ekself is nie lief vir wildsvleis nie, maar kan nie nee sê vir die een nie.

10 ml fyn koljander
10 ml swartpeper
5 ml fyn naeltjies
5 ml mosterdpoeier
2,5 ml fyn gemmer
3 ml neutmuskaat
sout
repies varkspek
knoffelhuisies
suurlemoenblare / lourierblare
1 blikkie bier
75 ml asyn of 125 ml suurlemoensap
75 ml worcestersous
125 ml olie

Vryf boud in met droë kruie. Kombineer sousbestanddele en marineer 24 uur of langer.
Bak in stadige oond, in die marinade. (selfs oornag teen 100 grade... dit maak BAIE sous)

bydrae: Kotie d J, New Zealand

No comments :

Post a Comment