Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/25/2009

Jan Ellis poeding

Beslag:
5 ml koeksoda
125 ml melk
375 ml bruismeel
125 ml suiker
2 eiers
30 ml fyn appelkooskonfyt
25 ml baie sagte margarien
1 ml sout

Sous:
250 ml water
250 ml room
250 ml margarien
250 ml suiker
5 ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180. Bespuit oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Los die koeksoda in die melk op. Meng die res van die beslag se bestanddele, roer die sodamelk by en meng dit baie goed. Skep die beslag in die bak. Bak die poeding 25 tot 30 minute lank. Verhit al die sousbestanddele tot kookpunt. Giet die warm sous bietjiesgewys oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom.

bydrae: Jani Allen

1 comment :

  1. Anonymous23/2/15 14:41

    thanks a million, have been looking for this recipe for years.... thanks Jani!

    ReplyDelete