Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/26/2009

Bruinbrood / Brown Bread

600 ml witbroodmeel
560 ml volkoringmeel
600 ml bruinbroodmeel
10 g kitsgis
sout na smaak
500 – 750 ml warm water

Meng die meel, gis en sout in 'n groot mengbak. Maak 'n holte in die meel en voeg 500 ml van die water by. Meng met 'n lepel tot 'n stywe deeg vorm. As die deeg te styf is, kan nog water bygevoeg word. Knie deeg op 'n houtplank wat liggies met meel bestrooi is, tot glad en elasties. Vorm die deeg in twee gesmeerde broodpanne. Bedek en laat rys tot dubbel die volume. Bak 40-60 minute in 'n voorverhitte oond by 200ºC. Laat op 'n draadrak afkoel.

No comments :

Post a Comment