Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/21/2009

Koffie yskastert

3 blokkies onversoete sjokolade
½ koppie suiker
2 teelepels kitskoffie
4 eiers, geskei
1 koppie botter
1 koppie versiersuiker
1 teelepel vanilla
3 pakkies sponsbeskuitjies
½ koppie dik room, geklop

Smelt sjokolade oor kookwater. Meng suiker met koffie wat aangemaak is met ¼ koppie kookwater. Meng met effens geklitste eiergele. Voeg by sjokolade. Verwarm en roer gedurig tot gladde mengsel. Koel af. Klop botter tot room, voeg ½ koppie versiersuiker geleidelik by. Voeg sjokolademengsel en geursel by. Klop deeglik. Klits eierwitte styf en klop res van versiersuiker by. Vou by sjokolademengsel in. Pak lae van beskuitjies en mengsel om die beurt. Boonste laag moet sjokolademengsel wees. Versier met geklopte room en kersies. Verkoel in yskas.

bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment