Elke resep is deur die skrywer persoonlik getoets met die fokus op eenvoud in kookkuns en pretensieloosheid oor wyn. ’n Heerlikheid vir almal wat die kuns van moeitelose kook wil verstaan. Hierdie is nie net ’n resepteboek nie, maar ’n ware kookboek, met beskrywings oor die belangrikste kooktegnieke en wynkultivars wat elke tuiskok en skinker behoort te ken.
Basiese souse, kruie, slaaie, brood, sop en bredies, pastas, al die verskillende braaitegnieke, alles oor ontbyt, vetvrye kos en fyngebak word bespreek.
Die gedeeltes oor wyn is kernagtig, maar omvattend genoeg om die mees algemene kultivars te dek en die leser met ’n wyd genoeg kennis te laat om met selfvertroue ’n geskikte bottel wyn vir ete te kan uitsoek.
Die boek bevat meer as 400 volkleur foto’s.
No comments :
Post a Comment