2 tl sesame olie
1 tl grondboontjieolie
1 ui, gesny
2 knoffelhuisies, gesny
1 rissie, gesny
1 handvol gemengde groente, gesny
1 el droë sherrie
1 tl bruinsuiker
1 tl Maizena
1 handvol boontjiespruite en Sesame sade
Verhit die olie in ´n wok of in ´n pan. Voeg ui, knoffel en rissie by wanneer olie baie warm is. Roerbraai vir ´n paar sekondes en voeg dan die groente by. Kook die groente oor hoë hitte vir 2 min. Meng intussen die sherrie, soja, suiker en Maizena en voeg dit by die kokende groente. Roer die spruite en sade agterna in. Bedien onmiddelik.
Kan saam met rys bedien word as ´n hoofmaal.
Stuur jou resepte na bydraes@kookkuns.com . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment