Wanneer daar net tyd vir take-aways of iets vinnig en eenvoudig is (wat Pa ook kan bemeester) soos die tunatert.
2 snye witbrood
1 koppie melk
1 eier
1 koppie kaas
2 blikkies tuna
pietersielie
1 ui (gerasper)
Bring brood en melk tot kookpunt en roer tot dit ´n pap is. Meng al die ander bestandele saam met die pap en gooi die pietersielie bo-oor. Bak by 180 grade vir 30 minute.
Die tuna kan vervang word met Bullybeef, spek of weense worsies vir ´n vinnige souttert.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment