Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/03/2009

Krummelpap

So maak jy krummelpap:

250 ml water
5 ml sout
500 ml growwe mieliemeel

Bring water tot kookpunt. Voeg sout by en strooi mieliemeel daarin. Verlaag hitte. Kook vir 15 minute. Roer met 'n vurk of agterkant van 'n houtlepel om krummeltekstuur te verkry. Prut vir 'n verdere 45 minute, halfbedek. Roer nog so 2 maal tydens die prutproses.

Opsioneel: Om die krummelpap te geur het jy nodig:

1 gekapte ui
1 knoffelhuisie, gekap
5 ml borrie
1 rooi of groen soetrissie, gekap
Sout en peper
45 ml gerasperde parmesaan kaas

Braai die uie en knoffel tot deursigtig. Voeg die borrie, soetrissie, sout en peper by, en braai vir vyf minute. Meng saam met parmesan by die pap, en laat dit goed warm word, sodat die geure tyd het om deur die pap te trek.

No comments :

Post a Comment