Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/28/2009

Aartappelwyn

Skil 2 groot aartappels en rasper dit fyn.
Voeg daarby 5 liter louwarm water, 2 kg karamelsuiker, 1 kg rosyne, 350 g koringkorrels, die fyngerasperde skil en sap van 2 groot suurlemoene asook 30 g aktiewe droëgis.
Bedek die houer met 'n doek en laat die mengsel gis.
Roer dit af en toe.
Syg die mengsel na 3 weke deur en bottel die filtraat.

Die wyn sal na 'n maand helder word.
Gooi 'n bietjie witsuiker in elke bottel en kurk toe.

Die wyn is nou reg om gedrink te word, maar hoe langer dit verouder, hoe lekkerder smaak dit.

No comments :

Post a Comment