500 ml rou stampmielies, oornag geweek
1 ui, fyngekap
olie
3 tamaties, ontvel en fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
150 ml cheddarkaas, gerasper
Giet die water van die stampmielies af.
Vul 'n kastrol met koue water en verhit tot kookpunt en laat prut dan tot sag. Geur aan die einde van die kooktyd met sout. Dreineer.
Voeg ‘n klontjie botter asook ‘n bietjie melk by indien verkies.
Soteer die ui in ‘n bietjie olie tot sag.
Voeg die tamatie by en prut tot ‘n sous gevorm het.
Geur met sout en peper en voeg stampmielies by. Meng liggies deur. Voeg die helfte van die kaas by en meng. Strooi die orige kaas bo-oor.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment