Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/10/2009

Hoendersop / Chicken Soup

1 heel hoender
1,5 liter water
2 uie, in die helfte gesny
4 wortels, geskil
4 selderystokke
4 witwortels, geskil
4 preie, gewas en geskil
4 knoffelhuisies, opgekap
4 loerierblare
1 bouquet garni
4 jenewerbessies
sout en peper

Voeg al die bestanddele in 'n pot en prut vir 35 minute.
Sif die sop en behou die aftreksel, groente en hoender. Breek die hoender in groot stukke.
Verhit die sop en proe vir sout en peper.

Resep 2

Hierdie is die klassieke hoendersop, ook gebruik as basis vir baie ander soppe.

1 hoender
1 beesklou
1 skaappoot
groente
seldery
ui
prei
sout
vars naeltjie
peperkorrel
1 grypie neutmuskaat

Plaas die hoender in 'n warm oond tot dit van buite bruin word.

Plaas nou die hoender in 'n soppot met 250 ml water vir elke 200 g van die hoender.
Sit die beesklou en skaappoot by en laat dit stadig – baie stadig – opkook; skep die skuim gedurig af.

Laat dit ’n uur lank kook en sit dan die groente in – enige soort – saam met seldery, uie, preie, ’n paar naeltjies, sout, peperkorrels en ’n grypie neutmuskaat. Laat dit dan stadig vir 5 ure kook, skep enige vet af en gooi dan deur ’n moeseliendoek.

Die kleur van die sop sal wissel na gelang van hoe bruin jy die hoender gemaak het. Indien jy jou sop helder wil hê moet jy nie die hoender verbruin in die oond nie.

Dit kan nou net so as sop bedien word of as basis vir ’n ander sop gebruik word.

No comments :

Post a Comment