Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/07/2009

Peri-peri garnale / Peri-peri Prawns

´n Groen slaai gaan goed saam met die dis.

36 groot garnale
250 g botter
125 ml sonneblomolie
4 knoffelhuisies
10 ml peri-peri poeier
sout

Haal die garnale se are uit. Spoel dit dan af en vryf droog met handdoekpapier. Smelt die botter saam met die olie in ´n pan en voeg dan die knoffel en peri-peri by. Meng goed. Braai die garnale eenkant vir 3 minute en plaas dit dan in die warmlaai. Voeg sout by die mengsel en gooi dit oor die garnale net voor bedienning.

Jy kan ook die garnale op rys bedien met die sous in ´n aparte bakkie. Sorg dat daar altyd ´n bakkie warm water met suurlemoenskyfies langs by elke sitplek is.

Jy kan ook Franse brood in plaas van rys gebruik.

(bedien 6)

No comments :

Post a Comment