Met Proe die lekker, nooi Barbara Joubert almal saam op ‘n smaakreis deur haar koswêreld. Elke resep is ‘n tree op die kosreis: van gister se tamatiebredie, pampoenkoekies en soetpatat tot vandag se kos vir besige dae.
Daar’s somerkos vir dae wat die lug blou is en die dae lank, asook warm winterkos soos boontjie-en-lamskenkelsop en geurige bredies. Wondermooie, nuwerwetse en ouwêreldse idees vir poeding is die soet slot tot hierdie besondere kookboek.
Barbara maak dit so maklik om die kosvreugdes uit haar kombuis jou eie te maak.
No comments :
Post a comment