Ervaar die ongelooflike geskenk van Rooibos deur meer as 100 resepte van 14 van Suid-Afrika se bekendste sjefs wat Rooibos as bestanddeel gebruik om die geur in kos uit te bring, kleur en diepte by te voeg, en gewone geregte in onvergeetlike disse te omskep.
Hierdie resepte wys jou hoe om uitsonderlike disse, drankies en lekkernye te herskep met 'n eg Suid-Afrikaanse bestanddeel - Rooibos. Die kookboek is die resultaat van 'n jaar se werk agter die skerms om aan jou beste van ons land se unieke kookkuns te bied. Hiedie versameling uitsoekresepte, wat deur sommige van ons land se bekendste sjefs geskep is, weerspieël die beste van Suid-Afrika se kookkuns.
Die goue draad wat deur die boek loop, is Rooibos - die wonderbestanddeel wat 'n gewone resep in ‘n buitengewone een kan omtower.
No comments :
Post a comment