Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/12/2009

Snoekpatee / Snoek Pate / Cod Pate

Kan op enige gesondheidsbroodjie of Engelse komkommer bedien word.

250 g gerookte snoek gevlok
125 ml vars gekapte pietersielie
125 g gladde maaskaas
125 ml mayonaise
skil van 1 suurlemoen
sap van 1 suurlemoen
knippie rooipeper
varsgemaalde swartpeper
50g gesmelte botter

Plaas al die bestanddele in voedselverwerker en meng. Pasop om nie te veel te meng nie. Skep in bak en klop gesmelte botter liggies in patee. Dit kan met 'n versierbuis op brood gesit word.

Resep 2

Snoek paté is seersekerlik die gewildste voorgereg in Suid-Afrika. Die paté kan gevries word, maar onthou om dit in klein porsies te verdeel voor dit gevries word.

250 g snoek, gevlok en ontbeen
60 ml dik room
60 g botter
15 ml suurlemoensap
sout
gemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele saam tot dit 'n gladde smeer raak. Voeg sout en peper na smaak by.

Bedien saam met volgraanbrood of bruin roosterbrood. As versiering kan kruie of suurlemoenskyfies gebruik word.

No comments :

Post a Comment