1 liter water
12,5 ml sout
750 ml mieliemeel
12,5 ml botter
10 ml olyfolie
Kook water en voeg dan sout by. Roer met ‘n vurk (nie ‘n lepel nie) genoeg mieliemeel in om mengsel taamlik dik te maak. Voeg botter en olyfolie by. Vou goed in. Sit deksel op en laat stoom ongeveer ½ uur oor lae hitte tot gaar. Moenie die deksel te dikwels oplig nie, aangesien dit sal maak dat die pap nie rys nie.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment