500 g pasta (skulpies)
2 uie, fyngesny
1 rooi en 1 groen soetrissie, gekap
olie
250 ml room
500 ml vleisektrak
400 g gerasperde kaas
sout en peper na smaak
Braai die uie en rissies in olie in 'n pot.
Voeg die vleisektrak en pasta by. Kook tot die pasta gaar is en die water weggekook het.
Voeg room by - onthou die potjie moet nog op die vuur wees - dan biltong en kaas. Roer deur en kook vir nog 5 minute.
Daar kan lekker rondgespeel word met die resep. Voer enigiets waarvan jy hou by. Toets net die eerste keer hierdie resep en dan kan jy maar verbeelding byvoeg.
Resep: Petro van der Westhuizen
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment