Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/27/2009

Franse broodpizza

410 g blik boontjies in tamatiesous
1 Franse brood
1 ui, gekap
1 tamatie, geskil en fyngesny
25 ml groen soetrissie, fyngesny
5 ml mosterd
80 g songedroogde tamaties
80 g olywe, ontpit
80 g peppadews
500 ml Cheddar, gerasper
pietersielie

Verhit die oond tot 180ºC. Sny die brood in die lengte deur en verwyder die krummels. Meng die krummels met die res van die bestandele, maar net helfte van die kaas. Skep die mengsel in die twee helftes. Sprinkel die res van die kaas oor en bak op ´n gesmeerde bakplaat vir 15 minute.

Garneer met pietersielie en olywe.

No comments :

Post a Comment