Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/24/2024

Broodslaai

'n Maklike resep.

sny brood in dik snye en dan in blokkies
sny kaas van jou keuse in blokkies
gebraaide spekvleis, in stukkies gekap
gelyke hoeveelhede kondensmelk & mayonnaise
olie vir diepbraai
gebraaide sampioenstukkies (opsioneel)

Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin. Dreineer en laat afkoel. Voeg die res van die bestanddele by die mayonnaise-mengsel 'n halfuur voor opdiening.

bydrae: Rika Spang


Resep 2

1 brood in blokkies gesny
2 koppies kaasblokkies
2 teelepels mostertpoeier
1 teelepel sout
1 teelepel peper
2 eiers
½ koppie gesmelte botter
1 koppie kondensmelk
25ml asyn

Braai broodblokkies tot bruin in olie. Dreineer op papierhandoek. Laat koud word. Klits mostert, sout, peper, en asyn saam. vVoeg geklitste eiers by. Voeg kondensmelk en botter by. Kook vir 5 minute. Roer aanhoudend. laat afkoel. Meng met brood en kaasblokkies. Versier met vars pietersielie.

bydrae: Petro van der Westhuizen


Resep 3

6 eiers
6 eetlepels asyn
6 eetlepels suiker
1 eetlepel mostertpoeier
sout na smaak
750 g Mayonaise
3 koppies broodblokkies
1 koppie kaasblokkies

Klop eiers tot skuimerig. Meng asyn, suiker mostert met bietjie water en voeg by geklopte eiers. Roer oor warm plaat tot dit dik is. haal van hitte af en klits goed. Laat afkoel en voeg mayonaise by. Braai broodblokkies in diep olie tot bruin. Dreineer en meng met brood en kaas. Gooi sous oor net voor opdiening.

bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment