Kaaskoek met kondensmelk.
Kors
1 pakkie tennisbeskuitjies
100 g gesmelte margarine
Maak beskuitjies fyn en meng met gesmelte margarine. Druk vas in tertbak en los in yskas.
Vulsel
1 blik kondensmelk
250 g maaskaas
75 ml suurlemoensap (of bietjie meer)
1 teelepel vanielje essens
250 ml vars room
Meng kondensmelk, maaskaas, suurlemoensap en essens.
Voeg styfgeklopte room by en meng liggies.
Gooi in tertbord, en laat goed koud word in die yskas (vir ten minste 4 uur lank)
Opsionele "Topping"
1 blikkie vrugte (Youngberries, appelkosies ens)
1 teelepel maizena
Verdeel vrugte en die sap
Rangskik vrugte bo-op die kaaskoek
Maak pasta met sap en maizena, en bring tot kookpunt totdat dik
Koel af en skep met lepel oor vrugte.
Verkoel verder in yskas totdat tert gestol is.
resep: Linda Malherbe
Yskas kaaskoek, kaaskoek met maaskaas - kaaskoek resep.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
1/17/2024
Maklike yskas kaaskoek - beskuitjie kors en kondensmelk, maaskaas en room vulsel / Easy Fridge Cheesecake
Sleutelwoorde:
Nagereg
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
Baie dankie vir hierdie resep. My oorlede moeder het dit altyd gemaak en na 'n trekkery het ek die resep verloor.
ReplyDeleteMy tart never stoll
ReplyDeleteAlles moet koud wees as jy dit saam meng
DeleteAlles gedoen soos op resep en my tert het ook nie gestol nie.
DeleteMy gunsteling resep. Ek los die vanielje essens uit. Yummy!
ReplyDeleteKan ek plain yogurt in plek van maaskaas gebruik?
ReplyDeleteMaak n pakkie pynappel jellie met 1 koppie kookwater aan laat afkoel en meng met maaskaas mengsel,stol altyd
ReplyDeleteEk meng n pakkie suurlemoen of pynappel jellie saam. Sit net min kookwater by jou jelly tot dit gesmelt is en voeg dan by jou mengsel voor jy jou room bysit.
ReplyDeleteEk het gister die resep gemaak vir my gaste almal het my gevra vir die resep ek moet hom weer maak vandag 😅 verseker die lekkerste kaaskoek resep ek het wel ‘n lagie caramel sous oor gegooi en PS caramel chocolate oor gerasper 😊
ReplyDeleteHoeveel mense kan ek bedien met hierdie resep?
ReplyDelete