Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/13/2009

Gemmerbier

20 ml gemaalde gemmer
10 liter lou water
1,6 kg wit suiker
150 g rosyne
10 g aktiewe droë gis
10 ml kremetart
10 ml wynsteensuur

Voeg die gemmer by die water en suiker en roer tot die suiker opgelos is.
Voeg die res van die bestanddele by. Giet die mengsel in 'n plastiekemmer met 'n deksel en laat dit 24 uur lank gis.
Syg die bier daarna deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie. Plaas 2 tot 3 van die rosyne in elke bottel en draai die proppe lossies vas.
Laat die bier 'n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.

No comments :

Post a Comment