Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/14/2009

Koringbier

Was 250 ml broodkoring deeglik en laat dit 24 uur lank in koue water week.
Gooi die water af en voeg 250 ml bruinsuiker, 6 gekneusde rosyne, ¼ koekie gis en 1,5 liter lou water daarby. Roer tot die suiker opgelos is en sit die deksel liggies op.
‘n Groot vrugtevles of ‘n vererde emmertjie wat 1¾ liter kan bevat, is ‘n geskikte houer vir die bier.
Laat dit 24 uur lank staan en gooi die vloeistof af.
Bottel die koringbier en laat dit 12 tot 24 uur staan voor gebruik.
Gooi weer 250 ml bruinsuiker by die koring en rosyne. Voeg 1,5 liter lou water by, roer dit om en laat dit weer 24 uur lank staan voor dit afgegooi word.
Herhaal die proses elke dag en bottel die vloeistof wat afgegooi word.
12 tot 24uur nadat dit gebottel is, sal die bier gereed wees.

Dien dit koud op.

Die eeste 2 of 3 keer sal die bier baie flou wees en ‘n lang tyd in beslag neem nadat dit gebottel is, om te gis. Dit kan weggegooi word en eers na die derde toevoeging van suiker en water gebottel word. Die proses kan 5 tot 6 weke lank elke dag herhaal word met die gebruik van dieselfde koring. Wanneer die gisting goed aan die gang is moet dit nie langer as 12 uur gelaat word voordat die bier afgegooi word nie, anders sal die koring suur word.

Indien ‘n paar stukke gekneuste gemmer en/of ‘n paar stukke pynappelskil by die koring gevoeg word, sal dit die smaak van die bier verbeter.


Koring bier resep met skop.

No comments :

Post a Comment