Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/03/2009

Kitsery / Kedgeree

15 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
400 ml rys
5 ml kerriepoeier
5 ml borrie
1 liter water
sout en varsgemaalde swartpeper
400 g gerookte skelvis
3 hardgekookte eiers, in kwarte gesny
sap van 'n halwe suurlemoen
30 ml pietersielie, gekap

Verhit die olie in 'n kastrol en braai die ui en knoffel tot deurskynend.
Voeg die rys, kerriepoeier en borrie by. Braai vir 1 minuut.
Voeg die water en sout en peper by.
Kook onbedek vir 10 minute, roer af en toe.
Voeg die vis by en kook 10 minute.


Bedien met die hardgekookte eiers bo-op gerangskik. Sprinkel die suurlemoensap en pietersielie oor.

No comments :

Post a Comment