500 ml witwyn
heelwat groot uie, gehalveer
sommer baie groenpepers, in dik ringe gesny
eetlepel fyngekapte knoffel
jou gunsteling speserye en kruie
een vet hoender
een tarentaal
lekker groot driepootpotjie
Smeer hoender en tarentaal in met sout en peper. Braai uie in helfte van olyfolie tot byna deurskynend. Voeg groenpeperringe by en braai. Skep uie en groenpeper uit en verbruin hoender en tarentaal in die res van die olie. Voeg uie en groenpeper weer by, asook knoffel en verbruin tot dikkerige sous begin vorm onder in die kastrol. Laat prut oor matige tot lae hitte vir anderhalf uur of wat. Voeg deurentyd die wyn sluk vir sluk by om sous te maak.
bydrae: Bert van der Walt
Stuur jou resepte na bydraes@kook.co.za . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment