Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/20/2010

Einde van die maand se hoender / End of the Month Chicken

Dis die einde van Januarie. Die nuwejaarspartytjie het al jou krag-, water- en Foshinirekening se geld opgedrink. Daar is ´n gesin wat moet kos kry - wat nou? Hier's ´n lekker hoenderpastei wat jou onder R15 gaan kos vir 4 mense.

Braai 2 uie. Gooi 4 hoenderborsies by. Geur met sout, peper, hoenderspeserye en Worcestersous en kook tot sag. Gooi klein blokkies aartappel by (3 aartappels) en kook ook tot sag. Jy kan sampioene ook bygooi, maar dis opsioneel. Laat hoender koud word. Vlek in klein stukkies. Rol nou Today-deeg uit en voer bak daarmee uit. Skep hoendervulsel in deegbak. Hou genoeg deeg oor om ´n deegdeksel te maak om bo-oor hoendervulsel te sit. Smeer deksel met eiergeel en bak tot bruin by 180 grade celcius.

Wenk:
Kook hoender in genoeg vloeistof. Moenie sap van hoender weggooi nie. Vlek die hoender in die sap, sodat die pastei nie te droog is nie.

No comments :

Post a Comment