2 groot uie, gesny
3 tamaties, in stukkies gesny
25 ml wit asyn
2 eetlepels Maizena
½ koppie tamatiesous
½ koppie bladjang
sout en peper na smaak
½ teelepel knoffel, klein gesny
½ koppie gewone ongegeurde jogurt
margarien
Metode:
1. Braai die uie in margarien tot sag.
2. Gooi die tamaties by en braai tot alles sag en gaar is.
3. Gooi nou al die ander bestanddele by behalwe die vleis.
4. Sorg dat daar genoeg vloeistof is om sous te vorm.
5. Verdik met maizena en 'n bietjie water.
6. Plaas die vleis by en druk dit onder die sous in.
7. Laat dit net 'n halfuur staan en prut voor jy dit bedien, sodat die sous kan intrek in die vleis in.
8. Bedien met rys en geniet dit.
bydrae: Francien Mare
Stuur jou resepte na bydraes@kook.co.za . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment