Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/23/2010

Gemmerkoekies / Ginger Biscuits

125 ml botter
125 ml gouestroop
1 eier
750 ml koekmeelblom
250 ml suiker
15 ml gemmer
5 ml koeksoda
2 ml sout
35 ml melk

Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer 'n bakplaat.

Smelt die botter en roer die gouestroop by. Laat afkoel.

Klits die eier by.
Sif die droë bestanddele saam en roer dit afwisselend met die melk in die stroop-mengsel. Verkoel deeglik in die yskas tot dit styf genoeg is om te vorm.

Maak balletjies en sit dit op die bakplaat. Druk dit effens plat met 'n vurk. Bak vir ongeveer 10 minute tot lig-bruin.

1 comment :