15 ml olyfolie
4 groot eiers
1 rissie, fyn opgesny
tamatie, in blokkies gesny
komkommer, in blokkies gesny
feta, in blokkies gesny
sout en varsgemaalde peper
Verhit die olie in 'n pan.
Klits die eiers liggies en voeg die rissie en geurmiddels by.
Gooi die helfte van die eiermengsel in die pan - net genoeg vir 'n dun pannekoek. Kook gaar oor matige hitte.
Gebruik die res van die mengsel vir die tweede omelet.
Plaas tamatie, komkommer en feta op die een helfte van elke omelet en vou toe.
Bedien dadelik saam met 'n vars baguette.
Stuur jou resepte na bydraes@kook.co.za . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment