Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/05/2010

Skorsiemoes

Oorryp, draderige skorsies is heerlik as mens dit op dié manier voorberei

5 skorsies
15 ml botter of margarien
125 ml suiker
5 eetlepels koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
250 ml melk
3 eiers
15 ml kaneelsuiker

Verhit die oond tot 180ºC.
Smeer 'n oondvaste bak.
Halveer die skorsies en skep die pitte uit.
Kook die halwe skorsies tot sag. Dreineer dit. Skep die vleis uit, maak dit fyn en roer die margarien of botter by.
Sif die suiker, koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
Klits die melk en eiers saam en maak die meelmengsel daarmee aan.
Voeg die skorsiemoes by en meng dit goed.
Skep die mengsel in die oondvaste bak en strooi die helfte van die kaneelsuiker oor. Bak die moes 'n uur lank onbedek.
Strooi die res van die kaneelsuiker oor en sit die gereg voor.

No comments :

Post a Comment