Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/30/2010

Pynappel klapperkoek / Pineapple Coconut Cake

1 klein blikkie pynappelstukkies
2½ koppies meelblom
3 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
½ koppie botter
1 koppie suiker
4 eiers, geskei
1 teelepel vanilla
1 koppie klapper

Gooi die stroop van die pynappelstukkies af en hou eenkant.
Kap die pynappelstukkies nou baie fyn en gooi dit in 'n koppie. Gooi van die stroop by tot die koppie gevul is. Hou eenkant.

Sif die meel, bakpoeier en sout saam.

Room die botter, terwyl jy die suiker geleidelik byvoeg.

Klop die eiergele en voeg by die bottermengsel. Klop dit goed tot die mengsel lig en donserig is.
Voeg die koppie pynappel by asook die vanilla.
Voeg die meelmengsel geleidelik by en klop goed.
Roer die klapper by.
Klop die eierwitte styf, maar nie te droog nie. Vou dit by die mengsel in.

Gooi die koekmengsel in 'n ringpan en bak by 190 grade Celcius vir 35 to 45 minute.

Laat dit vir 5 minute in die pan staan nadat jy dit uit die oond gehaal het.

No comments :

Post a Comment