Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/29/2010

Bone met feta / Beans with Feta

2 blikkies gebakte bone
250 g feta, in stukkies gebreek
250 g kersietamaties, gehalveer
die sap van 'n halwe suurlemoen
1 rissie, ontpit en fyn opgesny
5 ml gemaalde koljander
5 ml gemaalde komyn
vars koljander
sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die bone stadig in 'n kastrol saam met die rissie, gemaalde koljander en komyn.
Wanneer die bone warm is kan die hitte afgedraai word, die feta bygevoeg word en dit bedek laat staan vir 5 minute.
Toets vir sout en voeg by saam met die peper indien nodig.

Roer die tamaties en suurlemoensap by net voor opdiening. Garneer met 'n lekker klomp vars koljander.

Dit kan as hoofmaal bedien word saam met 'n groen slaai en Franse brood.

(bedien 4)

No comments :

Post a Comment