Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/01/2010

Artisjok Royale

Die Artisjok Royale is 'n hamburger met artisjokharte as die hoofbestanddeel.

100 g botter
80 ml Dijon mosterd
4 hamburgerrolletjies
2 tamaties, afgeskil, sade verwyder en in blokkies gesny
8 artisjokharte
100 g brie, in ag skyfies gesny

Sny vir die rolletjies 'n deksel, so driekwart na boontoe. Hol die onderste gedeelte 'n bietjie uit en smeer met die botter en die mosterd.
Plaas twee stukke artisjok in die uitgeholde deel en bedek met twee skywe brie.

Plaas onder die oondrooster vir 30 sekondes tot die brie begin smelt.

Plaas tamatie op die kaas en bedek met die ander deel van die rolletjie voor jy dit bedien.

(Vir 4 hamburgers)

Resep: Quintus van Rensburg

No comments :

Post a Comment