Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/04/2010

Avokado-voorgereg / Avocado Starter

6 klein ryp avokadopere
2 klein blikkies ingemaakte garnale
3 eetlepels ingemaakte kappertjiesaad
2 eetlepels blatjang
½ koppie tamatiesous
250 ml mayonnaise
6 groen uitjies, fyngekap
3 hardgekookte eiers, die helfte fyngekap en die ander helfte in ringe gesny
pietersielie, fyngekap

Meng die mayonnaise, tamatiesous en blatjang.

Roer die kappertjies, ui, garnale en die fyngekapte eier by die sous.

Halveer die avokados en verwyder die pitte.
Skep die sous in die avokadoholtes.

Versier die avokados met die eierringe en pietersielie.

Bedien met brosbroodstokkies.

Hierdie resep is genoeg vir 12 persone.

No comments :

Post a Comment