1½ koppie meel
1½ koppie melk
60 g botter
4 eiers
sout
olie vir bak
1¼ koppie koue water
3 koppies versiersuiker
Rum geursel
Meng melk en botter en bring tot kookpunt.
Roer die meel en sout by tot die mengsel 'n stywe pap is.
Koel die mengsel af en klop dan die eiers een vir een by.
Bak teelepels vol van die mengsel in warm olie.
Dreineer die bolletjies en laat dit vir een minuut in die volgende koue stroop lê:
Kook 'n stroop van die water, versiersuiker en die geursel.
Die stroop moet eers koud wees voor dit vir die bolletjies gebruik kan word.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment