Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/17/2010

Brosbrood

250 g sagte botter of margarien
5 ml vanielje geursel
100 ml suiker
800 ml koekmeelblom
125 g gekapte neute
1 eiergeel
25 ml brandewyn
versiersuiker

Voorverhit die oond tot 160ºC en voer 2 bakplate uit met bakpapier.

Verroom die botter of margarien en suiker goed saam tot lig en romerig.
Klits die eiergeel, brandewyn en vanielje geursel by.
Voeg die meel en neute by en knie tot ‘n sagte deeg.

Rol in bolletjies, druk effens plat en pak op bakplate.

Bak 30 minute tot gaar, maar steeds lig van kleur.

Pak warm in ‘n bak met versiersuiker en laat dit so afkoel.

No comments :

Post a Comment