Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/16/2010

Frikkie en die halwe geelperske

625 g maalvleis
1¼ teelepel sout
¼ teelepel peper
¼ teelepel neutmuskaat
4 eiers
½ koppie broodkrummels

Meng al die bestanddele goed saam en vorm frikkadelle daarmee.

2 uie, gekap
2 eetlepels pietersielie
1 eetlepel botter
1 blokkie vleisaftreksel opgelos in 500 ml water

Smoor die uie en pietersielie in die botter.
Meng dit saam met die aftreksel en bring dit tot kookpunt.

Voeg nou die frikkadelle by en prut vir 20 minute.

Verhit 1 blik halwe geelperskes saam met 1 eetlepel suurlemoensap tot louwarm.

Haal die frikadelle uit die sous.
Behou die sous.

Pak nou die perskes in 'n oondskottel en plaas 'n frikkadel op elke perske. Hou warm.

Gooi 1 koppie rys by die behoue sous en kook stadig tot die rys gaar is.

Skep die rys nou tussen die perskes in die oondskottel.

Sny ringe tamaties en soetrissies, genoeg om 'n laag te maak op die perskes en frikkadelle.

Hierdie gereg kan saam met komkommerslaai of beetslaai bedien word.

No comments :

Post a Comment