250 g botter
500 ml koekmeelblom
2,5 ml sout
2,5 ml bakpoeier
650 ml gerasperde cheddar
appelkooskonfyt
Verroom botter en voeg meel, sout en bakpoeier by. Meng goed.
Voeg kaas by en meng tot 'n deeg.
Rol die deeg in balletjies en plaas op 'n gesmeerde bakplaat.
Druk 'n gaatjies met 'n houtlepel in die middel van elke koekie, maar moenie dwarsdeur druk nie.
Skep 'n mespuntjie konfyt in die middel. (As jy te veel konfyt insit, sal dit oorkook tydens die bakproses).
Bak sowat 10 - 15 minute in 'n voorverhitte oond by 180ºC.
Lewer sowat 5 dosyn koekies.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Ek is mal oor die koekie! Dis so 'n maklike koekie om te bak en smaak heerlik! Ek maak dit graag vir verjaardag partytjies en kerk geleenthede.
ReplyDelete