Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/23/2010

Karringmelk sjokoladekoek

1½ koppie strooisuiker
125 ml botter
125 ml kakao
250 ml warm water
500 ml meelblom
2 eiers
125 ml karringmelk
10 ml vanielje geursel
5 ml kremetart
5 ml koeksoda
¼ teelepel sout

Meng kakao met warm water.

Meng koeksoda met karringmelk.

Sif droë bestandele.

Klop botter en suiker goed.

Klop eiers goed.
Voeg eiers by botter.
Voeg dit by meel om die beurt met kakao en melk.
Gooi vanielje geursel by.
Klop met houtlepel.

Bak by 180ºC vir 25 minute.

No comments :

Post a Comment