425 g banketmeelblom
3 ml sout
3 ml koeksoda
5 ml fyn kaneel
3 ml fyn naeltjies
200 g karamelbruinsuiker
125 g botter
1 eier, geklits
90 ml port
5 ml lemoenskil, gerasper
neute vir versiering
Sif meel, sout, koeksoda, kaneel, naeltjies en suiker saam.
Vryf botter in.
Voeg eier, sjerrie en skil by.
Bedek deeg en laat ongeveer 1 uur lank staan.
Rol deeg uit tot 'n 3 mm dikte.
Druk ronde koekies uit.
Druk ‘n neut in die middel van elke koekie vas.
Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak ongeveer 15 minute lank in voorverhitte oond by 200ºC.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment