Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/19/2010

Eierkerrie / Egg Curry

4 eiers, hardgekook
1 ui
½ tamatie, fyngemaal
4 knoffelhuisies, fyngemaak
2 cm stuk gemmer
2 rissies
2 eetlepels vars koljander
sout
rissiepoeier na smaak
¾ teelepel borrie
½ teelepel gemaalde koljander
¾ teelepel garam masala
3 eetlepels olie
2 koppies water
1 koppie ertjies

Maak 'n pasta van die ui, knoffel, gemmer en rissie in 'n voedselverwerker.

Verhit die olie in 'n wok en braai die pasta tot bruin.
Voeg die sout, borrie, gemaalde koljander, garam masala en rissiepoeier by en braai vir 'n minuut.
Voeg die tamatie by.
Braai vir 1 minuut.
Voeg 'n koppie water by en kook tot dit droog is.
Voeg nou die ertjies en gekookte eiers by.
Voeg die ander koppie water by, verlaag die hitte en prut vir 10 minute.

Garneer met die vars koljander en bedien met rotis, rys of naan.

No comments :

Post a Comment