Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/03/2010

Aalwyn-konfyt / Aloe Jam

Sny die onderste ou aalwynblare so naby as moontlik teen die stam af waar die blare op hul dikste is. Pak dit regop met die gesnyde kant na onder en laat 'n dag so staan om soveel sap as moontlik te laat uitloop. Sny die kante en die punte af sodat die binneste wit deel wat oorbly, minstens 10 mm dik is, anders is die konfytstukke te dun.

Sny die wit gedeeltes in stukke van sowat 30 mm vierkantig en skil elkeen af, bo en onder. Nou is die snyery en skillery klaar. Die stukke moet ´n paar uur goed in skoon water geweek en daarna ´n paar keer in lopende water afgespoel word tot daar nie meer ´n teken van die geel, bitter sap is nie. Nou kan dit verwerk word nes waatlemoenkonfytstukke:

Prik elke stuk goed aan weerskante met ´n vurk met dik tande. Laat lê die stukke oornag in helder kalkwater. Maak genoeg kalkwater aan om die stukke te bedek deur 2 eetlepels kalk in die korrekte hoeveelheid lou water op te los. (Kalk is by apteke te koop). Roer elke nou en dan tot die water koud is. Gooi die helder water bo af en gebruik. Spoel die stukke in vars water af en dreineer.

Weeg: Vir elke 2,7 kg stukke word 3,2 kg suiker en 2 liter water gebruik. Sowat 4 eetlepels suurlemoensap sal keer dat die stroop sandsuiker word, terwyl ´n handvol vyelote vir ´n heerlike geur sorg. Kook die stukke eers sowat 30 minute in water. Dit sal nie sag word nie, maar absorbeer die stroop dan beter. Dreineer.

Kook intussen die stroop. Voeg die stukke stadig op ‘n keer by sodat die stroop nie ophou kook nie. Laat kook sowat 1½ uur tot die stukke deurskynend is en die stroop begin verdik. Laat oornag staan om goed af te koel. Dit is wanneer die aalwynstukke die stroop absorbeer. Haal die stukke die volgende oggend uit die stroop. Verhit die stroop weer tot kookpunt en plaas die stukke terug in die warm stroop. Pak die konfytstukke warm in gesteriliseerde flesse. Maak vol met stroop en verseël.

No comments :

Post a Comment