Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/04/2010

Appelliefie-konfyt / Gooseberry Jam

1 kg appelliefies
750 g suiker
125 ml water
20 ml suurlemoensap

Trek die doppies en stingeltjies van die appelliefies af.
Spoel vrugte af.

Plaas suiker, appelliefies, water en suurlemoensap in 'n groot genoeg kastrol.
Kook vrugte oor lae hitte totdat dit soos konfyt begin lyk.
Roer af en toe om suiker op te los.
Skep oortollige skuim wat gedurende die kooktyd gevorm het, af.
Toets die konfyt om te sien of dit styf genoeg is.

Skep in warm gesterilliseerde flesse en verseël dit onmiddellik terwyl dit nog warm is.

No comments :

Post a Comment