Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/22/2010

Kaas- en uiepastei / Cheese and Onion Pie

Kors:

25 ml margarien
1 eier, geklits
250 ml volkoringmeel
5 ml bakpoeier
3 ml sout

Smelt die margarien en klits dit en die eier saam.

Sif die droë bestanddele saam en voeg die eiermengsel daarby.
Meng dit tot ‘n sagte deeg. Voeg bietjie water daarby indien nodig.

Verdeel die deeg in twee dele en voer ‘n gesmeerde tertbord met die een helte van die deeg.
Druk dit vas met die vingers.

Hou die ander helfte eenkant.

Vulsel:

12,5 ml olie
2 middelslag uie, gekap
500 ml gekapte grasuie
12,5 ml sampioen soppoeier
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
knippie rooipeper
375 ml gerasperde kaas
1 eier
250 ml afgeroomde melk

Verhit die olie en soteer die uie totdat dit sag en deurskynend is.
Verdeel die uie in twee dele.
Soteer die grasuie ongeveer 5 minute lank.
Meng die een helfte uie, die grasuie en die soppoeier, sout en peper en 250 ml van die kaas.

Klits die eier en melk saam en voeg by die kaasmengsel.

Skep die vulsel in die voorbereide kors.

Rol die res van die deeg uit in ‘n sirkel met dieselfde deursnee as die tertbord en bedek die vulsel daarmee.
Vorm die rande netjies en sny ‘n kruis in die middel.

Bak die pastei ongeveer 20 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 190ºC.

Haal uit die oond, versprei die res van die uie egalig bo-op en strooi die res van die kaas oor.

Bak dit nog 10 - 15 minute lank.

(Lewer 6 porsies)

No comments :

Post a Comment