1 blikkie kondensmelk
200 ml water
750 ml klapper
‘n paar druppels pienk voedselgeursel
5 ml vanielje geursel
knypie kremetart
Plaas suiker en water in ‘n swaarboomkastrol en roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
Voeg kondensmelk by en roer tot dit kook.
Voeg kremetart by en laat kook sonder om te roer totdat mengsel sagtebal stadium bereik.
Verwyder van stoof.
Voeg klapper en vanielje by en klop mengsel tot dik en romerig.
Gooi die helfte van die mengsel in 180 mm vierkantige pan.
Kleur die res van die mengsel met pienk kleursel en gooi oor die wit laag.
Laat afkoel en sny in vierkante wanneer gestol.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment